EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Uitvlucht – spesiale vertoning vir dames vanaand

Uitvlucht is ‘n storie van hoop in ‘n hopelose situasie, genade in desperaatheid, en van liefde wat alles oorwin…

Hoogs suksesvolle skrywer, regisseur en vervaardiger Regardt van den Bergh (Faith like potatoes/ Klein Karoo) se nuwe Suid-Afrikaanse film, Uitvlucht, word op 13 Mei landswyd uigereik, maar al die dames (mans ook welkom) kan reeds nou uitsien na ‘n spesiale Dames-Aand voorvertoning van hierdie fliek.

Die fliek sal vertoon word vanaand, 4 Mei, by die Ster-Kinekor in Cradlestone Mall.

Uitvlucht vertel die verhaal van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ’n konserwatiewe middelkasvrou wat met vuur speel en alles wat saak maak in haar lewe verloor. Tydens haar reis om self-ontdekking en vergifnis, kry sy werk by ’n plaasskooltjie met die naam ‘Uitvlucht’.

Stelselmatig begin sy herstel en besluit om die lewe weer vierkant in die oë te kyk en ontmoet in die proses ’n saggeaarde, alleenloper-boer, Dok (Stian Bam) wat haar bevriend en haar weer in haarself laat glo.

Sy ontdek ook weer haar rede om bestaan soos sy nouer betrokke raak by die kindertjies se geluk en hartseer en tree op as heldin in hul lewens teen die swaar in hul lewens, onder meer molestasie, hul ouers en ander familielede se drankmisbruik, die gemeenskap wat die wet in hul eie hande wil neem en mense wat geen ontsag vir ander se swaarkry het nie.

Loer hier na die amptelike lokprent:

Anna vind die uitvlug waarna sy smag en op haar beurt bring sy uitvlug na die gemarginaliseerde skooltjie wat desperaat veg om voort te bestaan en ook na die gemeenskappe wat slagoffers is van armoede en uitbuiting in haglike lewensomstandighede.

Uitvlucht is ‘n ware plaasskool in die voetheuwels van die Suurberge in die Langkloof in die Oos-Kaap. Soos baie plaasskole is daar geen hulpbronne en moeilike sosiale uitdagings vir die gemeenskappe, soos alkoholmisbruik, kindermishandeling, ongeletterdheid en gesinsgeweld.

Uitvlucht is ‘n storie van hoop in ‘n hopelose situasie, genade in desperaatheid, en van liefde wat alles oorwin…
Ander akteurs wat in die rolprent verskyn, is Jill Levenberg, Oscar Peterson, Lika Berning, Clyde Berning, Margot Luyt en Carel Trichardt.

Die rolprent word landswyd deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button