MunicipalNews

VF Plus verwelkom raadslid uit DA-geledere

Gesoute DA-raadslid verras en loop oor VF+ toe.

Gesoute Krugersdorp-inwoner en voormalige DA-raadslid vir die afgelope dekade het kort voor die komende munisipale verkiesing besluit om by die Vryheidsfront Plus aan te sluit.

Tjaart Steenkamp is ‘n groot aanwins vir die VF Plus. Hy was een van die top presterende DA-raadslede en dit sê nogal iets as iemand van sy kaliber besluit om die DA te verlaat en eerder sy gewig by ons in te gooi,” het Anton Alberts, VF Plus Gauteng-leier gesê.

Steenkamp is tans tweede op die VF Plus se kandidatelys in Mogale City en het reeds belowe dat hy met toewyding die belange van sy kiesers eerste sal stel.

“Die VF Plus voorsien dat Steenkamp nog baie vir die Krugersdorpse gemeenskap in sy nuwe rol as VF Plus raadslid gaan beteken wanneer hy op 3 Augustus weer verkies word.”

Lees verder:

Waterkrisis: Vryheidsfront Plus gee hul mening

[KYK] VF Plus leier sê hulle soek antwoorde

R24-naamsverandering help niks

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button