Editor's choiceMunicipalNews

Nuwe DA-raadslid word bekendgestel

Die nuwe DA-kandidaat vir Wyk 20 is aan inwoners bekendgestel.

Bejaarde inwoners van die Memorial-woonstelle in die dorp se sakekern het Dinsdagoggend die geleentheid gekry om vir die komende verkiesing te registreer.

Jakkie Naudé, die huidige raadslid vir Wyk 20, het Dinsdagoggend saam met sy opvolger, Lynette Swankhuizen, die inwoners van die woonstelle gehelp om vir ‘n spesiale stem te registreer.

Jakkie Naude stel vir Lynette Swankhuizen voor as die nuwe raadslid, en gee vir haar sy DA-lapelwapen.
Jakkie Naude stel vir Lynette Swankhuizen voor as die nuwe raadslid, en gee vir haar sy DA-lapelwapen.

Die rede hiervoor is dat die meeste van die inwoners sukkel om by ander stemlokale uit te kom.

Jakkie gaan binnekort oorskuif na die DA se Wes-Rand-kantoor en het gesê hy kan nie aan ‘n beter persoon dink as Lynette om sy plek in te neem nie – dit is as die kiesers haar in die wyk instem.

Jakkie Naudé gesels met van die inwoners.
Jakkie Naudé gesels met van die inwoners.

Lees verder:

Welcome to new councillor candidates

We need more independent candidates for local elections

The ANC will retain Mogale City

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button