MunicipalNews

Goeie nuus vir bejaarde inwoners

‘n Versoek is aan MCPM gerig dat die vervaldatum aangepas moet word om meer bejaardes te akkommodeer.

‘n Klein bietjie goeie nuus is nie te versmaai nie!

DA-wyksraadslid Jacqui Pannall het sulke nuus vir inwoners van Mogale City.

Vanaf 1 Julie mag ‘n inwoner wat 60 jaar of ouer is, of wat fisies of geestelik gestrem is en wat eiendom besit, ‘n ekstra korting op grondbelasting kry as die gesamentlike inkomste van die familie nie R8 000 per maand oorskry nie.

Die grondbelastingbeleid bepaal dat afgetrede of fisies of geestelike gestremdes geregtig is op ‘n addisionele korting op grondbelasting mits die gesamentlike inkomste per finansiële jaar nie R96 000 oorskry nie.

Die korting is ‘n addisionele 40 persent vir mense wat kwalifiseer.

Inwoners kan daarvoor aansoek doen en moet die volgende dokumentasie aan die aansoekvorm heg:

• Bewys van ouderdom

• Identiteitsdokument

• In die geval van ongeskiktheid of gestremde persone, ‘n brief van ‘n dokter

• Bewys van inkomste en ‘n beëdigde verklaring.

Die hoof finansiële bestuurder van Mogale City Plaaslike Munisipaliteit (MCPM) sal elke saak oorweeg en die aansoekers sal van die besluit in kennis gestel word. Aansoeke moet jaarliks voor 30 Junie by die munisipale kantore ingedien word.

Vorms is beskikbaar by Sekuriteit of by Gladys in die Betalingsaal, Kommissarisstraat, Krugersdorp.

‘n Versoek is aan MCPM gerig dat die vervaldatum aangepas moet word om meer bejaardes te akkommodeer. ‘n Klein groep inwoners het al aansoek gedoen en wag dat besluite geneem word.

Jacqui het gesê dat raadslede Lynn Pannall, Jacques Hoön en hul aktiviste haar so twee jaar gelede gehelp het om op verskeie plekke in Mogale City ‘n petisie te laat onderteken om die regte van bejaardes te beskerm.

“‘n Groep inwoners het gekibbel dat ons nie die vrugte sal kan pluk nie en was gekant teen die petisie. Wel, nou het ons ‘n klein bietjie goeie nuus vir ons inwoners. Sal ons sê dis Kersfees in Julie?” het Jaqui gesê.

Lees verder:

Local DA condemns statue defacing

Pinehaven: intersection of death

Youth can change SA’s future

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button