MunicipalNews

Koalisie-regering kan ook in Krugersdorp kom

Die VF Plus is verbind tot die herstel van die magsbalans deur te sorg dat die kieser meer direkte invloed het oor sy of haar woonwêreld.

Die VF Plus in Mogale City is bekommerd oor die stadsraad se onvermoë om hul rekeningstelsel akkuraat

en effektief te bedryf.

Volgens Amanda de Lange, VF Plus-raadslid in Mogale City, spook die VF Plus al vir jare met die munisipaliteit om na een rekeningstelsel oor te skakel.

“Intussen spandeer ons ure elke dag om kliënte se klagtes aan te hoor en hulle te help. Verskeie aksies is al geloods waar ‘n groep mense saam na die munisipale kantore gaan en amptenare versoek om die probleme op te los.

“Die party is besig om regshulp in te win om so die stadsraad te dwing om nie verder dienste af te sny nie, alvorens die probleem nie opgelos is nie.”

Sy noem dat die VF Plus elke dag binne die raadsale sowel as buite besig is om ‘n verskil te maak en daarom is die party ‘n voorstander van ‘n koalisieregering.

“Dit het al gebeur en die tyd het aangebreek dat metrorade deur koalisiepartye bestuur gaan word.

“Dit is verkiesingstyd en soos altyd maak partye talle beloftes wat nie altyd geloofwaardig is nie. Tog is hierdie verkiesing in Gauteng anders as al die voriges. In hierdie verkiesing kan opposisiepartye in koalisie met mekaar verskeie stadsrade van die ANC oorneem. Die geheim is natuurlik dat die regte partye met mekaar in koalisie moet gaan.

“In hierdie proses speel die Vryheidsfront Plus ‘n baie belangrike rol aangesien ons die derde grootste opposisieparty in Gauteng is. Dit beteken dat ons ‘n strategiese vennoot kan wees in enige koalisieregering wat gevorm kan word uit opposisiepartye.”

Verder noem sy dat dit goeie nuus is, want deur te stem vir die VF Plus, sal minderhede se belange in die nuwe regerings wat in verskeie stadsrade gevorm kan word, prioriteit geniet.

Die VF Plus is verbind tot die herstel van die magsbalans deur te sorg dat die kieser meer direkte invloed het oor sy of haar woonwêreld.

“As deel van ‘n koalisieregering sal ons eis dat subrade oral in metro’s ingestel word om goeie regering en beter dienste nader aan jou te bring.”

Subrade is basies ‘n mini-stadsraad wat in jou omgewing funksioneer en sorg dat jou swaarverdiende belastinggeld ook direk vir jou werk.

“Hierdie verkiesing is anders. Dit bied ‘n ware kans vir ‘n nuwe en beter regering met die VF Plus as jou regeringsvennoot.”

Verwante artikels:

Plaaslike bejaardes vra VF Plus om hulp

Mogale City boelie inwoners sê VF Plus

VF Plus verwelkom raadslid uit DA-geledere

R150K spent on boxes is ‘not cool’

Eiendomseienaars moet hulself van nuwe belastingregulasies vergewis

Mogale City’s property values and billing cause great concern

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button