Jacqui Pannall en Dennis Pretorius, albei senior raadslede van die DA, het gevoel hulle het iets bereid toe hulle die Johannesburgse kantoor van die Openbare Beskermer (OB) onlangs besoek het.
Om toegang tot die OB te kry, moes hulle bewys lewer dat hulle reeds alle ander moontlikhede en kanale binne die betrokke munisipaliteit ondersoek het om oplossings te vind vir sake waar lede van die gemeenskap na hul mening onregverdig behandel is.
Selfs twee petisies wat deur inwoners geteken is, is met minagting deur die komitee van Mogale City Plaaslike Munisipaliteit hanteer. Albei raadslede verteenwoordig die DA op die Raad se Finansiële Portefeuljekomitee en hulle het herhaaldelik die grondwetlikheid bevraagteken van tariewe en prosedures wat na hul mening teen ouer persone, minderbevoorregtes en ander groepe diskrimineer.
Die OB het saamgestem dat hierdie groepe onbillik deur die munisipaliteit uitgesluit word van die verordeninge en beleide en dat daar swak gedefinieerde kriteria of riglyne in verband met ouetehuise, komplekse en woonstelle vir bejaardes bestaan wat verkeerdelik uitgesluit word van die voordele van voorafbetaalde meters.
Al hierdie kriteria is reeds deur die munisipaliteit geïmplementeer sonder die vereiste openbare deelname en oorlegpleging met die bestaande portefeuljekomitee.
Die sogenaamde Lifeline-tariewe is onbillik geherdefinieer en ‘n sekere kategorie verbruikers met lae elektrisiteitsverbruik word daardeur gepenaliseer.
Die OB het ‘n onderneming met die munisipaliteite onderhandel dat laasgenoemde alle diskriminerende praktyke en prosedures vir sekere kategorieë behuising regstel en teen 31 Augustus aan die OB terugrapporteer met nuwe planne wat geïmplementeer moet word. As die munisipaliteit nie aan die onderneming te voldoen nie sal die OB ‘n bevel uitreik waaraan voldoen moet word en dit sal soortgelyk aan ‘n hofbevel wees.
“Ons voel ons naam is in ere herstel en ons is deur die DA Koukus ondersteun. Die DA is die enigste ander party wat groot genoeg is om elke portefeuljevergadering by te woon en voldoende leiding en toesig het om inligting in te win met petisies wat ons gehelp het met ons voorlegging aan die OB. Ons ondersteun ‘n inklusiewe en regverdige benadering. Die munisipaliteit kan nie slegs sy eie diskresie gebruik om tariewe en prosedures te verander nie. Ons is ‘n demokrasie en die mense moet geraadpleeg word,” aldus die twee raadslede van die DA.
Related articles:
More excuses for failing system
‘Government and mines responsible for costs’ – DA
Despite doubters and haters, the DA will grow
