Mug and Tree maats presteer
Tydens die spoggeleentheid het ongeveer tien maats in hul togas trots met hul sertifikate en trofeë van die verhoog afgestap.
Die maats van Mug and Tree Gemeenskapsentrum is vir ‘n jaar se harde werk beloon tydens hul jaarlikse prysuitdeling wat op die sentrumperseel gehou is.
Op Dinsdag, 28 November het ‘n groot aantal familielede en vriende die spoggeleentheid bygewoon en gesien hoe ongeveer tien maats in hul togas trots met hul sertifikate en trofeë van die verhoog afstap.

Hier is die presteerders:
• Beste presteerder (Graad R) – Tyra Malgas
• Bester presteerder (Graad R) – Juandre van Antwerpen
• Omgee en netheid – Juandre van Antwerpen
• Gehoorsaamheid en vriendelikheid – Janet Small
• Beste tweetalige maat (vir die derde agtereenvolgende jaar) – Tyra Malgas
• Gehoorsaamheid en respek – Nathan Shardelow
• Boekprys vir Boekwurm van die Jaar – Chequita Stapelberg
“Dis nie vir my ‘n beroep nie, dis ‘n passie. Ek is ongelooflik lief vir elke kind, want elkeen is uniek en spesiaal vir my,” het Estelle Opperman, hoof van Mug and Tree Gemeenskapsentrum vertel.
Sy is saam met die ouers trots op al die maats se prestasies.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
