CrimeEditor's choiceNews

Geweld in Krugersdorp die gevolg van jarelange swak polisiëring

“Die polisie in Krugersdorp versuim reeds jare lank om op te tree teen dwelmhandelaars."

Die openbare geweld teen dwelmhandel wat gister (22 Januarie) in die strate van Krugersdorp afgespeel het, is die gevolg van jarelange swak polisiëring, het Jaco Mulder, VF Plus-leier in Gauteng gesê.

Mulder het vertel dat ‘n oproerige skare die Munsieville-polisiekantoor en verskeie huise in die dorp se sakekern aan die brand gesteek het, terwyl die polisie hul hande volgehad het om die skare met skokgranate in bedwang te bring.

Lees meer: #KrugersdorpWarOnDrugs the chaos in photos and videos

“Die polisie in Krugersdorp versuim reeds jare lank om op te tree teen dwelmhandelaars wat in die sentrale sakekern bedrywig is.

“Die VF Plus versoek die Gautengse polisiekommissaris, luitenant-generaal Deliwe de Lange en die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Sizakele Nkosi-Malobane, om onmiddellik in te gryp omdat die plaaslike polisie duidelik in sy polisiëringsmandaat gefaal het,” het Mulder gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I 

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button