Noordskool se Arri is 10 jaar oud!
Leerders van Laerskool Krugersdop-Noord het onlangs bymekaargekom om saam met Arri die Arend, die skool se maskot, partytjie te hou.
Elke jaar kom Nories bymekaar om Arri die Arend, Laerskool Krugersdorp-Noord se maskot, se verjaarsdag te vier.
As Arrie saam met al sy maats in die skool was sou hy hierdie jaar in graad 4 gewees het. Vanjaar het dit ook gevoel dat hy vir die eerste keer ‘n toetsreeks of eksamen gaan skryf, só groot het hy geword. Arrie verjaar amptelik op 25 Februarie maar hierdie jaar het al sy maats op Vrydag, 24 Februarie by die pawiljoene bymekaargekom om saam met hom partytjie te hou.


Noordskool se tema vir 2023 is ‘Noordskool is onblusbaar’ en al Arri se maatjies het hoedjies gemaak en dit aangehad wat hierdie tema uitbeeld. Daar was toe ‘n kompetisie en die leerders kon die beste hoedjie in elke graad gekies het.
Hierdie was ‘n groot verjaarsdag vir Arri en hy het in styl gearriveer. Die Krugersdorp-brandweer het vir Arri ‘n rit op hulle blink rooi brandweerwa gegee tot by die skool en sommer vir die kinders ook bietjie meer geleer oor hoe om noodsituasies te hanteer.


Die skool het gesê dat hulle graag die span van die brandweer bedank vir die demonstrasies en hoop dat Arri nog baie jare saam met hulle sal wees om leerders gemotiveerd te hou.


