Nories se groot toekomsplanne ná matriek
Van om oorsee te vaar tot 'n hoofvak in sielkunde, Hoërskool Noordheuwel se matriekklas van 2024 het groot drome en planne vir die toekoms.

Vir vyf jaar was dit geswoeg en sweet maar nou is hulle klaar met skool.
Die Krugersdorp News het vanoggend, 14 Januarie, Hoërskool Noordheuwel besoek om die matrikulante se vreugde op kamera vas te vang en uit te vind wat hulle na skool gaan doen.

Joshua Marais wil byvoorbeeld op ‘n seiljag in Italië werk, terwyl sy vriend Lian Jonas na Sol-Tech, ‘n private beroepsopleidingskollege in Pretoria, gaan. Isabella Khourie beoog om ‘n veearts te word, Dillan Groenewald wil dan nie net voltyds werk nie maar ook deeltyds by Akademia swot. Hul vriendin, Ashlee Sonnekus, gaan forensiese rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) studeer.

Verder wil Mpho Mulaudzi regte aan die University of the Western Cape studeer en Donavan Breedt wil onderwys by NWU. Ettienne Smit sal by die UXi Pumas se Rugbyinstituut aansluit waar Nicole Evans ook kans sien om as seiljagvaarder die see in te vaar.




Jennika de Lange wil ‘n BCom in Ondernemingsbestuur doen, maar werk ook deeltyds by restaurante. Net so wil Michaela Erasmus ook BCom in Ondernemingsbestuur onderneem.

Ivhan Janse van Rensburg is nog ‘n rugbyspeler wat Pretoria toe gaan terwyl sy vriend Mpho Madisaotsile by Tukkies aansluit om Politieke Wetenskap te studeer. Deandri Ferreira en Macheila Roos wil albei in die onderwys intrek en by Aros in Pretoria studeer. Larené Beukes wil ‘n Baccalaureus Artium (BA) in sielkunde sowel as kunsgeskiedenis voltooi. Danél da Veiga, wat dan met ses onderskeidings spog, wil ingenieurswese in Potch swot en Angelique van der Westhuizen regte by NWU.



Hou die News se 24 Januarie uitgawe dop vir ‘n meer in-diepte artikel.
Ouers sowel as matrikulante is welkom om meer foto’s van die Norie-matriekklas van 2024 na krugersdorpnews@caxton.co.za of clintonb@caxton.co.za te stuur.