
Staatskaping – ‘n mooi woord vir diefstal van miljarde rande uit die staatsdiens en staatskorporasies.
In Beeld van 25 Oktober sê Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, dat die kragreus se skuld R456 miljard beloop. Intussen het Eskom R59 miljard van die regering ontvang, wat hulle steeds met skuld van R397 miljard laat. Volgens Oberholzer betaal slegs sowat een derde van die land se 235 munisipaliteite hul kragrekenings. Soweto skuld Eskom R17 miljard.
Voeg hierby die SAUK, SAL, Krygkor, Transnet en PETROSA, om net ‘n paar te noem – almal leeggesteel.
Tydens eksklusiewe apartheid (1948–1993) het staatskaping nie bestaan nie. Al wat stupid was gedurende apartheid was die maatskaplike wette soos aparte strande, aparte busse en treine, die Ontugwet, die Wet op Gemengde Huwelike en die Groepsgebiedewet.
