LettersOpinion

‘Waar kry Mogale die geld?’

Ben Le Roux van Krugersdorp-Noord skryf:

Kan ek vra waar kry Mogale City die geld om spoedkameras te koop?

Waarom word dit net in sekere gebiede opgerig? Dit lyk amper of dit rasgerig is. Daar is nie geld om slaggate te herstel of om wit strepe/ padtekens te verf nie. So is daar ook nie geld om Eskom of Rand Water betyds te betaal nie. Geen geld om die dorp skoon te hou nie. Geen behoorlike dienslewering nie. Kan nie onthou wanneer strate oorgeteer is nie.

Alles wil aanlyn gedoen word en so word net meer en meer chaos veroorsaak. Die regering het nie ‘n dag se bekommernis oor alles wat skeef nie; stel net belang hoe om meer geld te maak wat weer in die niet verdwyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button