
Geagte mnr Botha.
So lekker om te hoor jy kyk ook kinderflieks saam met jou seuntjie.
Ek is amper 70 en geniet nog my hele lewe lank kinderflieks want dis skoon, geen gevloek, ongemaklike tonele nie, opbouend en snaaks! Regtig entertaining!
Maar al vir die afgelope paar jaar is daar baie negatiewe elemente wat baie subtiel ingewerk word. Dis ‘n groot en wye spektrum, en vir belese en ingeligte mense ‘n groot bekommernis.
As jy Openbaring lees, veral Hoofstuk 14, 26 ens lees jy van die merk van die ‘dier’ wat geen gelowige moet neem nie. In die video maak die vervaardigers asof dit die coolste ding is wat jy kan kry!
Kyk asb na die video – van Netflix. Ander flieks soos Brats, ag menige ander kinderflieks wat ‘n hele studie op sy eie is, leer kinders dat geweld oukei is en om wraak te neem die in-ding is!
Iemand moet hulle of die ouers waarsku. Ouers moet kyk waarna hul kinders kyk en by wees om te verduidelik wat is reg om te kyk en wat nie, en verduidelik hoekom.
Baie dankie vir al die interessante berigte (ek sukkel om voor te bly met so baie lees!) en sterkte met die koerant.
Vriendelike groete
