• Anoniem skryf:
Ek het die nood by ‘n seuntjie in my klas raakgesien. Dit het my hart so aangeraak en het besluit om iewers ‘n noodkreet te plaas.
Ek het toe ‘n boodskap op die Krugersdorp Community Forum se Facebook-blad geplaas. Die reaksie het my heeltemal oorweldig.
Soveel mense het gereageer. Ek was verstom dat daar so baie mense in ons gemeenskap is wat nog omgee.
Met almal se hulp kon ons warm wintersklere, skoene, kombersies, ‘n nuwe duvetstel en self ‘n splinternuwe skooltas skenk.
Daar is ook niebederfbare voedsel, warm maaltye, toiletware en skoonmaakprodukte afgelaai. Die dankbaarheid op daardie gesiggie was onbeskryflik mooi.
Daar is ook ‘n gehoorprobleem by hom geïdentifiseer wat sy skolastiese vordering beïnvloed. ‘n Bekende oudioloog in Krugersdorp het aangebied om hom met ‘n gehoorapparaat te help.
Ek wil graag baie, baie dankie sê vir almal wat met liefde en deernis hul harte oopgemaak het om te help. Sonder u hulp sou dit nie moontlik gewees het nie.
Daar is altyd hoop, en soms gebeur daar iets wat hoop in aksie verander.
Nogmaals baie dankie almal.
