BRIEF: ‘Hul het als probeer om my man te red – vrou oor Leratong se diens
Terwyl Leratong Hospitaal onlangs erg deur kritiek deurgeloop het, het 'n vrou vertel hoe personeel onlangs alles in hul vermoë gedoen het om haar man se lewe te red.
• Ellie Simpson skryf:
Na aanleiding van die artikel met opskrif ‘Leratong Hospital under fire for poor quality service and mistreatment’ op bladsy 3 van die News se 10 Januarie uitgawe, die volgende:
Op 27 Mei 2024 het ons my man, John Peter Simpson, na ‘n plaaslike mediese sentrum gevat omdat hy nie goed gevoel het nie. Daar het hulle vir ons gesê dat hy ‘n ligte hartaanval gehad het. Die paramedici is toe geskakel en hulle het my man na Leratong Hospitaal geneem.
• Lees die oorspronklike artikel hier: Leratong Hospital under fire for poor-quality service
Toe ons by die hospitaal kom het hulle my man dadelik ongevalle toe geneem en nog voor ek die deur kon oopmaak, was verpleegsters en dokters vinnig en reeds by hom. Hulle was baie behulpsaam en vriendelik gewees. Die een dokter het my kort-kort ingelig dat hulle alles in hul vermoë doen. Hulle het selfs ‘n ventilator gekoppel en lewensondersteunende masjiene gebruik. Hulle was ook heeltyd by hom.
Ons as familie kan nie kla oor Leratong nie en wil net baie dankie sê vir hul diens.
