Local sportSport

Tou ingooi nie hier van toepassing nie

Mogale Toutrekklub het onlangs die geleentheid gehad om 'n Gautengse Noordelike Streek-kompetisie aan te bied.

Met tande wat kners, hande wat dreig om te gly en bene wat gebalanseerd moet bly is tou ingooi nie sommer ‘n opsie nie.

Hierdie was die prentjie wat Saterdag 7 Februarie geskep is toe agt Gautengse toutrekspanne van so ver as Secunda en Pretoria by die Harlequins Rubyklub in Krugersdorp-Wes bymekaargekom het om kragte te meet.

Ian du Plessis van die Mogale Toutrekklub en ook een van die organiseerders van die dag het gesê hy is in sy skik oor hoe goed die dag verloop het.

“Dit was die eerste toutrekkompetsie van die Noordelike Streek en gelukkig het die weer ook baie lekker saamgespeel.”

Hy het gesê dit was vir hulle ‘n groot voorreg toe hulle hoor hulle is goedgekeur om een van die kompetisies aanbied. Die Mogale Toutrekklub bestaan nou eers vir sowat ses maande en Ian het gesê hulle gaan reeds van krag tot krag.

Hier probeer Mogale Toutrekklub se deelnemers alles in hulle vermoë om hulle teenstanders ore aan te sit.
Hier probeer Mogale Toutrekklub se deelnemers alles in hulle vermoë om hulle teenstanders ore aan te sit.

Twee toutrek divisies van onderskeidellik 600kg en 720kg is deur die dag gehou wat in ‘n rondomtalie-formaat gespeel is voordat die semi-finaal en dan die finaal gespeel is.

In die 600kg divisie het die Pretoria Toutrekklub die eerste plek behaal gevolg deur die Mogale en Secunda Toutrekklubs.

Mogale Toutrekklub het koning gekraai in die 720kg divisie. Die Pretoria en Secunda Toutrekklubs het onderskeidellik die tweede en derde plek gekry.

“Ons is trots op die plekke wat ons behaal het vir so ‘n jong klub en sien uit na die Suid-Afrikaanse Toutrekkampioenskappe wat in Mei in Kaapstad gaan plaasvind.”

Vir nog foto’s, kliek hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button