Community galleriesGalleries

GALLERY: Vertellers vermaak weer

Die suksesvolste storievertel-aand van die Tzaneense Sakekamer tot nog toe is Vrydagaand langs die Tzaneendam, met sowat 100 gaste teenwoordig, gehou.

Die drie pittige en welsprekende vertellers was Nino Burelli, Jan Cilliers en Theo de Jager en hoewel aanvanklik beplan is dat hulle net sowat ‘n uur sal gesels, het die sprekers die gaste uiteindelik vir bykans drie ure vermaak wat stories insluit oor die gevolge van gedroogde kiwis, Koos Kombuis in die Filosofieklas, Kalahari-jag en kindwees in die Cilliers-huis.

Die pragtige plaas Avondshoek van die Ernst-familie van Allesbeste, op die oewer van die Tzaneendam, het hom uitstekend geleen tot die geleentheid en danksy borgskappe van Transletaba Paneelkloppers, Explore Trees van Amorentia Estates, SA Brouerye en Rona en Nile McGaffin, was dit ‘n uiters suksesvolle en gesellige aand.

Dit is die vierde storievertel-aand wat deur die Tzaneen se Sakekamer aangebied word en almal was baie suksesvol.

Vrydagaand se episode was tot dusver die kersie op die koek en daar word nou reeds met groot verwagting uitgesien na volgende jaar se aflewering.

Die voorsitter van die Kamer, Annette Coertzen, het haar dank teenoor die borge, Naresh en Eddy van SAB, Peet Bezuidenhout vir die heerlike ete, die McGaffins, en die Ernst-familie uitgespreek vir almal se insette en bydrae tot die sukses van die geleentheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button