Hervormers hou karnaval
Van vandag af is dit karnavaltyd by die Hervormde kerk in Tzaneen.

Vrydag 26 Augustus vanaf 12:00 tot laat en Saterdag 27 Augustus vanaf 8:00 (tot daar gedaan gekuier is,) sorg die Tzaneen Hervormers weer vir ‘n onvergeetlike karnavalervaring.
Dit beloof weer om ‘n heerlike ervaring te wees met smullekker vetkoek, kerrie-en–rys, pannekoek, hamburgers en yankees te koop.
Verder is daar ‘n teetuin met pragtige handgemaakte geskenke en heerlike gebak te koop. Klaar tee gedrink en eetgoed gekoop, kan besoekers hulle tuine gaan opknap vir die somer met die wye verskeidenheid pragtige plante wat te koop aanbied word.
Soos elke jaar sal daar ‘n groot verskeidenheid bekostigbare vrugte en groente aangebied word en moet natuurlik nie groet voor genoeg nagereg vir die naweek gekoop is nie!
Vir die eerste keer bied hulle ook ‘bunny chow’s’ te koop aan vir die wat van warmer happies hou!
Neem die kleinspan en laat hulle heerlik speel in ‘n veilige speelarea met goeie toesig en hope prettige aktiwiteite.
Vrydagaand sal van die plaaslike talent weer vermaak met hulle pragtige sangstemme en danspassies en Saterdagoggend is dit weer die SAVF Tzaneen Kleuterskool se trompoppies wat ‘n vertoning gaan lewer.
Moet hierdie geleentheid nie misloop nie.
Vir meer inligting skakel die kerkkantoor: (015) 307 4508 of Marna Pohl na ure by 082 555 7324.



