Personeel van KW North saam God's Haven se inwoners wat lekker bederf is.
So sê Pieter Human, eienaar van KW North, nadat hulle deelgeneem het aan die jaarlikse Keller Williams Reality RED dag.
KW North personeel saam die voorsitter en sekretaris van die tehuis, middel en tweede van regs.) Van links: Rudi Fichardt, Yolandi Nienaber, Henk en Linda-Marie Mienie en Pieter Human.
RED staan in die agenskap se kringe vir Renew, Energize en Donate. Sowat 800 KW kantore wêreldwyd neem deel aan die dag waar hulle in hulle betrokke gemeenskappe terug gee aan die gemeenskap waar dit nodig is.
Lekker om so bietjie bederf te word.
En net soos wat die eindomsagenstkap omgee vir hulle kliënte, net so opreg voel hulle oor die gemeenskap van Tzaneen.
Personeel van die Tzaneen tak het hulle aandag op 5 Mei gefokus op God’s Haven.
‘n Drukkie van een van KW North se personeellede aan een van die inwoners.
Met ruim borge kon hulle matrasse, nie bederfbare produkte, seep en talle toiletware skenk aan die tehuis. Maar die groot bederf het nie daar opgehou nie.
Die inwoners is lekker bederf, deur ‘n paar lekker loslit oefeninge, en geskenkpakkies. Thelma Labuschagne het met haar pragtige sang die inwoners vermaak.
KW North se personeel het groot harte.
KW North wil graag die volgende borge bedank wat die dag ‘n groot sukses gemaak het en al die inwoners daar weer bly gemaak het met die skenkings. Lannie Motors, Impack Houers, Quality Plant Hire, Johan Steyn prokureurs, Thomas en Swanepoel, Joubert en May, Ruan Vorster, PPS, Letaba Wireless, Pierre Barnard van Tax Shop, Letsitele Spar, Plumblink, Irene Potgieter, Letaba Security, Midas Tzaneen, De Bruyn Oberholzer prokureurs, Tolstoi Kruger, NTK, KWNorth Properties en Reality1 Tzaneen.
Aan die stuur van sake. Pieter jnr en Pieter snr van KW North.
Nog fotos:
KW North se personeel het groot harte.
Aan die stuur van sake. Pieter jnr en Pieter snr van KW North.
Lekker om so bietjie bederf te word.
KW North personeel saam die voorsitter en sekretaris van die tehuis, middel en tweede van regs.) Van links: Rudi Fichardt, Yolandi Nienaber, Henk en Linda-Marie Mienie en Pieter Human.
Personeel van KW North saam God’s Haven se inwoners wat lekker bederf is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.