Local newsNews

Moenie gehoor afskeep nie

September is gehoorbewustheidsmaand!

Hoeveel van ons is bewus van ons huidige gehoorvermoƫns? Hoeveel van ons beskerm en onderhou ons gehoor met jaarlikse gehoortoetse, soos ons ons oƫ, tande, hare en liggame onderhou?

“Gehoorverlies onder volwassenes is in baie gevalle geleidelik en daarom raak die meeste mense daaraan gewoond en kom hul nie eens agter dat hul al hoe minder en minder hoor nie. Daarom is dit so belangrik om jou gehoor jaarliks te laat toets net soos wat jy jou oĆ« toets!” beveel Mardene Badenhorst praktykbestuurder by Kind2Hearing Tzaneen en gekwalifiseerde spraakterapeut en oudioloog (B.Kommunikasiepatologie UP), aan.

Koester jou gehoor deur dadelik iets daaraan te doen as jy vermoed jy het ‘n gehoorprobleem. Die meeste mense wat besef dat hulle ‘n gehoorverlies het sĆŖ gewoonlik hulle wil wag totdat dit rerig vir hul ‘n probleem is. “Dit is ‘n groot fout om te begaan” beaam Mardene.” Klanke wat nie opgevang word nie, word nie na die brein gestuur nie. Die gedeeltes in die brein verantwoordelik vir gehoor ontvang dus nie meer stimulasie of “oefening” nie en verswak in hul funksie om spraak te verstaan. Hoe langer jy dus uitstel om jou gehoorprobleem aan te spreek, hoe ‘luier’ word die brein om klanke te prosseseer en tree sekondĆŖre faktore soos isolasie, verleentheid, spanning, woede, frustrasie, moegheid, hoofpyne en oorsensitiwiteit van klanke, in. Kind2Hearing Tzaneen nooi jou hierdie September uit om gebruik te maak van ons spesiale afslag op gehoortoetse en bewus te word van jou kosbare gehoorvermoĆ«ns. Die bekende visueel- en gehoorgestremde, Helen Keller het dit raak beskryf deur te sĆŖ: “Blindness seperates us from things, but deafness seperates us from people.”

“Omdat gehoorverlies ‘n onsigbare gebrek is, besef ‘n mens nie eintlik hoe algemeen dit is nie!” Die WĆŖreld Gesondheidsorganisasie (WHO) het in 2012 berig dat daar ongeveer 360 miljoen mense wĆŖreldwyd, en dat ongeveer een derde van persone bo 65, ‘n gehoorverlies het. “Mense is dikwels skrikkerig vir die stigma rondom ‘n gehoorverlies omdat hulle reeds geisoleerd en uitgeslote voel tussen kollegas, vriende en familie. As ‘n gekwalifiseerde oudioloog, wat opgelei is om ‘n persoon deur die proses van identifikasie en berading van ‘n gehoorverlies te lei en dan toepaslike rehabilitasie daarvan voor te stel, help ons graag enige persoon wat by Kind2Hearing Tzaneen instap” beaam Mardene.

Met die ongelooflike ontwikkeling in tegnologie,is daar ‘n wye verskeidenheid gehoorapparate beskikbaar wat spesifieke behoeftes kan aanspreek. Gehoorapparate word spesifiek ingestel volgens jou behoeftes en kom in ‘n netjiese voorkoms wat spesifiek gepas word om in of buite jou oor te pas en so min as moontlik opsigtelik is. Dit is noodsaaklik dat gehoorapparaatpassings deur ‘n gekwalifiseerde persoon gedoen word met toepaslike toerusting! Kind2Hearing het 18 takke nasionaal en daarom kan jy verseker wees om kwaliteit ondersteuning te kry selfs al is jy op vakansie in die Kaap of Bloemfontein!

Raak bewus van jou kosbare geskenk van gehoor en spoor ander aan om hul gehoor te koester in September! Maak vandag nog ‘n afspraak by Kind2Hearing Tzaneen!

Tekens wat gehoorverlies kan aandui:

ā€¢ Sukkel jy om in raserige omstandighede te hoor?

ā€¢ Maak jy baie staat op liplees?

ā€¢ Beskuldig mens jou daarvan dat jy nie hoor/luister nie?

ā€¢ Voel dit vir jou asof sekere mense mompel en onduidelik praat?

ā€¢ Moet jy mense gedurig vra om hulself te herhaal?

ā€¢ Sukkel jy om die radio/tv te hoor/?

ā€¢ Met kinders, wil dit voorkom asof hulle nie instruksies volg nie?

ā€¢ Praat die kind onduidelik en spreek woorde verkeerdelik uit?

ā€¢ Sukkel die kind oor die algemeen met skoolprestasies?

As jy ja geantwoord het op een of meer van die bogenoemde, het jy waarskynlik ‘n gehoorverlies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button