Local newsNews

Hervormers hou Hanekraai Karnaval einde Augustus

DIE Hervormde gemeente in Tzaneen bied 'n Hanekraai Karnaval van vroeg tot laat aan op Vrydag 29 en Saterdag 30 Augustus.

KARNAVAL: Die hervormde kerk hou 'n Hanekraai karnaval.
KARNAVAL: Die Hervormde kerk hou ‘n Hanekraai karnaval.

Hulle wil weer as gemeente hulle dankbaarheid bewys deur op die keurigste wyse die volgende te bied: Gebak, vetkoek, jafels, kerrie en rys, pannekloek en hoenderstokkies(yankees). Hulle eet ontbyt, drink tee en koffie, braai hoenders, maak burgers en skyfies. Regte basaar poeding en op pad huis toe kan jy jou biltong en droëwors koop vir die rugby seisoen. Vrugte en groente vanuit die omgewing is teen weggeepryse beskikbaar. Daar is weer handgemaakte naaldwerk, duursame konkas vir jou lapa by die huis. Pragtige verskeidenheid plante en goeters om jou huis en tuin te verfraai. By koek-koek se boek hoek kry jy die beste boeke teen weggee pryse. Hulle skiet skyf en verkoop tamatiekonfyt, minipizza en sousbone.

Vir die kleuters en laerskool kinders is daar hierdie jaar besonder baie. Daar is bergfietsry, pretstap en pretdraf saam met ma en pa. So terloops, die gesin wat die grootste deelname by ons Karnaval het, wen ‘n week vakansie by die Eiland. Daar is tombola, ‘n springkasteel, gesigsverf, poppekas, ‘n ballon kunstenaar, kulkuns, inkleur- en danskompetisies.

Bunjee trampo vir die dapperes onder ons gaan jou met ‘n ander hoek na die dorp kan laat kyk.

Daar sal Vrydagaand plaaslike talent wees wat wat sing en optree. Abraham Coetzee van Mooketsi, bekend vir sy kitaarspel gaan ook optree.

Almal word genooi om die twee dae te gaan deel in die pret. Kom kekkel en kraai van vroeg tot laat.

Navrae kan gerus gerig word aan Marna Pohl 082 555 7324 of ds Richard vd Westhuizen 072 144 7514.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button