NewsSchools

Vossie krieket blink uit

DIE Hoërskool Ben Vorster het Saterdag, op die krieketveld kragte gemeet met Curro Heuwelkruin van Polokwane en die Hoërskool Louis Trichardt. Die "Black Cap" 1ste krieketspan het Heuwelkruin op hulle tuisveld met 157 lopies getroef.

DIE Hoërskool Ben Vorster het Saterdag, op die krieketveld kragte gemeet met Curro Heuwelkruin van Polokwane en die Hoërskool Louis Trichardt.

Die “Black Cap” 1ste krieketspan het Heuwelkruin op hulle tuisveld met 157 lopies getroef. Die Vossie kolwers het 311 lopies vir die verlies van 9 paaltjies aangeteken. Girvacques de Jager (66) en Roedolf Botes (64), is goed bygestaan deur Etienne Botha (41). Die Heuwelkruiners is in die 40ste beurt almal uit vir 154. Jean-Pierre Prinsloo het 3 paaltjies geneem en Philip Bester 2.

Die O/15A-“Red Caps” het Heuwelkruin met 215 lopies op die Premium Park Ovaal gewen. Hulle het ook eerste gekolf en 306, almal uit, aangeteken. Franco Oberholzer het sy goeie vorm voortgesit en ‘n spog 131 lopies aangeteken. Gideon Vorster het 32 lopies aangeteken.

Heuwelkruin is uitgeboul vir 91 lopies. Kaptein Gustav Prinsloo het 3 paaltjies geneem en is goed ondersteun deur Tristin du Preez, James Modiba en Wilco Jansen van Rensburg met 2 paaltjies elk.

Die O/15B-span het hulle seisoen op ‘n hoë noot begin deur die Hoërskool Louis Trichardt se O/15A-span met 45 lopies te uitoorlê. Jonathan Viljoen het ‘n onoorwonne 83 lopies, nie uit nie, aangeteken. Na ete het die Hoërskool Ben Vorster hulle 150 lopies (30 beurte) verdedig. Jason Mulder het die grootste skade aangerig deur 4 paaltjies plat te trek. Die Trichies is almal vir 105 uitgeboul.

Die 2de span van die Hoërskool Ben Vorster was egter nie so gelukkig nie en moes die knie, met 12 lopies teen Merensky se 2de span, buig. Daniel Conradie het 5 paaltjies vir 24 lopies geneem en Gustav Booysen 2 paaltjies. Henk Blignaut het 28 behaal, Jacques Kriel 24, Henkus Steenkamp 23, nie uit nie, en Eben Roos 21.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button