Kom slaan jou hand aan ‘n pot
Dis weer tyd vir Tzaneen se potjiekosmeesters om in te skryf vir die LETABA HERALD potjiekoskompetisie tydens die Taste of Tzaneen Fest wat aangebied sal word op 8 November by Fairview.
Dit is weer tyd vir Tzaneen se potjiekosmeesters om in te skryf vir die LETABA HERALD potjiekoskompetisie tydens die Taste of Tzaneen Fest wat aangebied sal word op 8 November by Fairview.
Hier is nou die geleentheid vir hulle om hulle talent op die proef te stel en om te sien wie as 2014 se potjiekoswenner gekroon sal word.
Die Taste of Tzaneen Fest word vanjaar op 7 en 8 november by Fairview aangebied.
Sien meer inligting hieroor elders in die uitgawe. Een van die hoogtepunte gaan beslis weer die potjiekoskompetisie wees wat LETABA HERALD weer vanjaar reël en organiseer.
Wat die potjiekoskompetisie behels kry besighede die kans om teen mekaar mee te ding op 8 November vanaf 09:00. Teen ‘n inskrywingsfooi van R250 kan ‘n span van drie tot ses mense inskryf deur die inskrywingsvorm elders in die week se uitgawe in te vul en dit sowel as die fooi na die kantore van Letaba Herald te neem.
Skryf nou in en gaan geniet ‘n heerlike dag in die buitelug.
Daar is weer lekker pryse op die spel in drie kategorieë: Oorspronklikste pot, smaaklikste pot en die span met die beste gees.
Daar kan tot en met 31 Oktober vir dié kompetisie ingeskryf word. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Vir meer inligting skakel Bertus de Bruyn op 015 307 5050.