Local newsNews

Tehuis benodig hulp

Goue Jare Tehuis vir Bejaardes benodig hulp. Die tehuis kan 48 inwoners huisves. Tans is daar 26 dames en 11 mans. Daar word gepoog om die tehuis gesellig en huislik in te rig. Van die inwoners word selfs toegelaat om troeteldiere aan te hou.

DIE SAVF-gebou wat voorheen as Rus ‘n Bietjie bekend gestaan het, huisves nou Goue Jare Bejaardesorg.

Die tehuis kan 48 inwoners huisves. Tans is daar 26 dames en 11 mans.

Daar word gepoog om die tehuis gesellig en huislik in te rig. Van die inwoners word selfs toegelaat om troeteldiere aan te hou.

Die bejaardes word van tyd tot tyd getrakteer met uitstappies na besienswaardighede in die omgewing. Onlangs is hulle gulhartig deur Johann en Daleen Kleynhans op hulle plaas, Noordwenke, onthaal.

Daar word baie eise aan die vriendelike en be-sorgde personeel gestel deurdat driekwart van ons inwoners in rolstoele asook aan beddens gekluister is. Onder soms moeilike omstandighede vervul die versorgingspersoneel hul Godgegewe roeping met groot empatie.

Die tehuis is werklik afhanklik van die publiek se oop hand en donasies aangesien Goue Jare Bejaardesorg ‘n nie-winsgewende organisasie is en geen subsidie van die staat ontvang nie.

Sommige inwoners se kinders dra nie by tot die verblyfkoste van hulle ouers nie en gevolglik moet daar noodgedwonge by maatskappye / instansies en kerke aangeklop word om die las te help verlig.

Die waardering word uitgespreek aan God wat hierdie tehuis seën en aan elkeen wat sy hart en hand oopmaak vir Goue Jare Bejaardesorg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button