Local newsNewsSchools
Merensky deel van Relay for Life
Merensky se aflosspan, genaamd die Ninja Turtles, het op 26 September deelgeneem aan die 2014 Kansa deurnag-aflos.

MERENSKY se aflosspan, genaamd die Ninja Turtles, het op 26 September deelgeneem aan die 2014 Kansa deurnag-aflos.
Die entoesiastiese span bestaande uit Liezel Hermann, Charmain Buys, Lisa en Alvin Mussman, Wilna van Niekerk, Nadia Last, Danielle Rautenbach, Louis Fourie, Werdene Fleischmann, Danie Olivier, Linda Badenhorst en Ben van Coller het ‘n volle 12 ure op die veld deurgebring.
Tydens die luminaria seremonie is daar veral aan twee kollegas, naamlik Andries v d Merwe en Ansie Kruger gedink, wie die stryd teen kanker verloor het.
Die meisies prefektespan het daarin geslaag om tydens die geleentheid die toutrek teen hul eweknieë van Ben Vorster te wen.
Die seuns moes ongelukkig die knie buig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.