Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Twee plasie onnies neem deel aan Impi

Magnus Steyn en Wessel van Rooyen, twee jong onderwysers van Hoërskool Merensky het die afgelope naweek deelgeneem aan die Impi Challenge te Hartebeespoort.

MAGNUS  Steyn en Wessel van Rooyen, twee jong onderwysers van Hoërskool Merensky het die afgelope naweek deelgeneem aan die Impi Challenge te Hartebeespoort.

Die Impi Challenge is ‘n vinnig groeiende byeenkoms.

Dit bestaan uit ‘n verskeidenheid hindernisbane wat wissel in lengte en hoeveelheid hindernisse.

Op die dag was daar min of meer 1 000 entoesiastiese deelnemers van oral.

Daar is drie katogorieë, die eerste een is die “Elite” groep wat ‘n hindernisbaan van ongeveer 20km behels met 24 hindernisse. Die tweede groep is die “corporate” groep waar verskillende besighede as ‘n spanbou geleentheid deelneem.

Die “social” groep, waarin die twee onderwysers deelgeneem het, was ‘n hindernisbaan van 12km met 18 hindernisse.

Dit het gesorg dat die twee manne moes uithaal en wys.

Volgens hul was dit uitputtend, maar groot pret en hulle sal dit graag volgende jaar weer wil doen.

Wessel en Magnus daag hul kollegas uit om volgende jaar saam te sweet!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button