Local newsNews

Bokkesports op Deerpark

'n Bosbok het verlede week vir groot sports gesorg toe dit in 'n huis op Deerpark in gestorm het.

DAAR was verlede week lekker bokkesports op ‘n plaas op Deerpark.

Annemarie Breytenbach het verlede Maandag ondersoek gaan instel nadat die honde onsettend geblaf het.

Sy het ondersoek gaan instel, net om vaste stel dat hulle vir ‘n bosbok blaf.

Breytenbach het besluit om uit te gaan en die bok te verwilder. Dit is net hier waar die sports begin het.

Die bok het besluit om haar te storm en hy is die huis in.

Sy het die deur van die huis toegemaak en Frans die plaasvoorman genader om te help.

Hy is die huis in en die bok is verjaag die veld in.

Volgens haar pa is daar sover hy weet nie skade aangerig in die huis deur die bok nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button