LettersLocal newsNewsOpinion

Gaan kuier by die huis

Na aanleiding van 'n SMS in verlede week se LETABA HERALD oor 'ons wil inkopies doen' wil ek ook net 'n klip in die bos gooi.

Zendre du Preez skryf:

Na aanleiding van ‘n SMS in verlede week se LETABA HERALD oor ‘ons wil inkopies doen’ wil ek ook net ‘n klip in die bos gooi.

Dit het die naweek meer as eenkeer met my gebeur by verskillende winkels.

Vriende wat mekaar in winkelgange raak loop en dan vir ure wil staan en gesels en opvang oor ditjies en datjies.

Soos daardie leser in sy/haar SMS geskryf het, maak ‘n afspraak en gaan kuier by die huis of in ‘n restaurant.

Dit is nie dat ek voel moet mekaar nie groet nie, maar maak dan ten minste net pad sodat ‘n persoon kan aangaan met sy inkopies.

Wat nog erg frustrerend is, is as hulle voor items staan wat jy wil koop en hulle nie padgee nie.

Ek dink dit is swak en ongemanierd.

Weet nie of ek die enigste inwoner is wat so voel nie, maar ek sê maar net!

Kry winkel etiket.

Bedoel ook nou nie gaan studeer Emsie Schoeman op nie.

Related Articles

Back to top button