Raak-rugby toernooi vind more plaas
Die is weer tyd vir die uiters gewilde raak-rugby toernooi van Letaba Rugbyklub op Saterdag 11 Oktober. Die eerste toernooi wat vroeër die jaar aangebied was, was 'n reuse sukses en op aandrang word daar weer 'n toernooi gehou.

DIT is more, Saterdag 11 Oktober weer tyd vir die uiters gewilde raak-rugby toernooi van Letaba Rugbyklub en rugby-liefhebbers word genooi om dit te gaan geniet saam met hulle gesinne..
Die eerste toernooi wat vroeër die jaar aangebied was, was ‘n reuse sukses en op aandrang word daar weer ‘n toernooi gehou.
Inskrywingsgeld beloop R500 per span en is speeltyd 10 minute, met 5 spelers per span wat enige tyd afgewissel kan word en word daar slegs op ‘n halwe veld gespeel en derhalwe is fiksheid nie so ‘n groot faktor nie.
Met die vorige toernooi het dit geblyk dat 7 tot 8 spelers per span genoeg is om die wedstryde deur te sien. Neem die gesin en jou braaier saam en geniet die dag.
Die toernooi begin om 14h00 en vir enige navrae kan u die volgende persone skakel: Johan Steyn – 083 287 5839, Pieter Human – 082 553 5887, Johan Smit – 061 041 3020, Gawie Du Plessis – 083 299 9797.