NewsSchools

Tweede Wordworx sien die lig

Plasieland se woordkunswerkers was op die vooraand van die eindeksamen in rep en roer.

Plasieland se woordkunswerkers was op die vooraand van die eindeksamen in rep en roer.

‘n Opgewonde atmosfeer het geheers toe die 2014 WordWorx publikasie op Woensdag 22 Oktober tydens ‘n geselligheid in die Teatro bekend gestel is.

Die buiteblad is ontwerp deur Laryn Prins, en die agterblad deur Marlu McLean.

Die bundel bevat die beste oorspronklike werke wat deur die loop van 2014 geskryf is.

Allan Troskie -‘n oud-Plasie en waardeerde medewerker, het die beste opdrag-gedig, sowel as die beste bydrae tot die publikasie aangewys. Monique de Lange se gedig My Stem, en Janke Jansen van Vuren se introspektiewe essay: Die Objek Is ek, was die wenners. Albei die debuutskrywers is in Graad 11.

Die woordkunsklub op Plasieland staan onder leiding van Mari Weber. Leerlinge van Graad 8 tot Graad 12 wie kwalifiseer vir lidmaatskap, vergader kwartaalliks waar hul woeker met woorde, en ook mekaar se werk waarderend analiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button