Editor's choiceLocal newsNews
Kinders sterf in vliegongeluk
'n Boetie en Sussie is Donderdag in 'n vliegongeluk oorlede.

Die twee persone wat Donderdagoggend dood is toe ʼn mikrovliegtuig op ʼn plaas buite Hoedspruit neergestort het, is glo ʼn boetie en sussie wat in die omgewing op ʼn landgoed woon.

Luidens Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, is die ouderdomme nie in die stadium beskikbaar nie.
Die twee oorledenes is Donderdag as Mitch en Tammy Sargant uitgeken deur die polisie.
Otto sê dat inwoners van die plaas Jejani die mikrovliegtuig sien val het.

Dit is in hierdie stadium nie bekend wat die ongeluk kon veroorsaak het nie.
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.
Die Burgerlike Lugvaartowerheid is van die voorval ingelig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.