Local newsNews

Einde van reënseisoen?

OF dit nou die laaste somerreënval is wat so lekker uitgesak het, die sal ons nou nie weet nie.

Daar is tot soveel soos 90mm op plekke buite die dorp gemeet veerlede naweek.

Die damvlakke staan lekker sterk, en is dit net Middel Letaba wat tans staan op 41.44%.

In die Haenertsburg omgewing is daar 35.30 mm reën gemeet vir verlede week en staan die Ebenezerdam nou op 97.12%.

Die Ramadiepa by Merensky staan tans op 101.98%.

In Magoebaskloof en die Politsi omgewing is daar 30.50mm gemeet.

Die Veregelegendam staan tans op 100.65%. In Tzaneen is daar 70.30mm gemeet en staan die Tzaneendam op 76.66%.

Die Dap Naudedam staan op 100.43% en is daar in dié omgewing 53.40mm gemeet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button