Local newsNews

Letaba speel gelykop

Letaba het Saterdag met sy eerste- en tweedespan teen onderskeidelik teen Louis Trichardt 1 en Dendron kragte gemeet op die Conway Rugbydag.

Dit was ‘n yskoue waternat middag gewees. Letaba se eerstespan was soos gewoonlik weer stadig uit die blokke en het Louis Trichardt vinnig agter Letaba se doellyn gekuier.

Letaba het daarna begin rugby speel en kaptein, Sven Hedin het mooi oorgedryf na ‘n goeie samespel tussen die voor- en agterspelers.

Die telling het daarna wipplank gery en die tuisveld skeidsregter het Letaba ongenadiglik gestraf. Voor halftyd was die strafskop telling al 12 strafskoppe teen Letaba en slegs 4 teen Louis Trichardt.

Eben Fichardt is ook intussen afgestuur met ‘n geelkaart. Die spanne het teen halftyd gedraai met ‘n telling van 13 elk.

Die yskoue weer het net harder begin neerstort en rugby baie moeilik gemaak.

Skrumskakel, Leroy Ndlovu wat ‘n skitter wedstryd gehad het, het oorgeduik wat almal gedink het die wen drie was.

Met tyd wat verstreke was, moes Letaba net die bal uitskop, maar vir een of ander rede wou Letaba weer verder speel en die hoeveelste strafskop is weer teen Letaba gegee en het Louis Trichardt vinnig getik en die gelykmakende drie onder die pale gedruk en het die wedstryd 20 – 20 gelykop geëindig. In moeilike nat omstandighede het losskakel, Alec Mhlanga ‘n skitterwedstryd gehad. Ander spelers wat die oog gevang het was die stutte, Beast Mushwana, Thulani Mathonsi en haker, JP Swartz wat hulle teenstanders weer eens in die skrums laat kreun het. Agsteman, Uwe Sauer was ook ‘n handvol met kraglopies in die middelveld.

Letaba se eerstespan het in moeilike omstandighede teen ‘n omgekrapte tuisspan goeie rugby gespeel en sien die manne uit na ‘n goeie seisoen.

‘n Erg verswakte tweedespan het 34 – 7 teen Dendron verloor.

Daar moet ook gemeld word dat direk na die afskop, het Letaba 2 hulle agteman en flank verloor en later in die wedstryd het verdere beserings veroorsaak dat Letaba 2 nie meer kompeterend kon wees nie.

Pretoria Shiluvane het ‘n drie gedruk en Lenis Van Rooyen het vervyf vir Letaba.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button