Jan Swart skryf:
Hiermee wil ek graag my vertoë rig ten opsigte van die toepassing van verkeerswette.
Spoedlokvalle wat dikwels gehou word is nie die probleem nie.
Maar ‘n baie belangrike wet wat totaal en al ignoreer word is die gebruik van ligte na sononder en voor sonopkoms.
Heel dikwels ondervind ek aankomende verkeer wat sonder ligte ry, wat ‘n veel groter veiligheidsrisiko inhou as ‘n voertuig wat 70km per uur in ‘n 60km sone ry en beboet word. Helder oordag sit daar aan beide kante van die pad verkeersbeamptes om vir spoed te vang.
Waar is hierdie verkeersbeamtes saans en soggens vroeg om die skuldiges wat sonder ligte ry te beboet? Daar is duidelik nie ‘n tekort aan personeel nie. Werk die verkeersbeamptes nie saans na 18:00 nie?
Hoe gaan ons hierdie probleem hokslaan?
Francois Peyper van die verkeersdepartement reageer op Jan Swart se brief:
Sonop en sononder het vir elke mens ‘n interpretasie. Niemand van ons het die tabelle soos by die see met hoog en of laag water nie.
Elke verkeersbeampte sal dus sy eie mening het oor dit al lig of donker is. Wat die regsreël sê is dat wanneer daar so ‘n bewering gemaak word, hy die nasionale weerburo se tabel moet gebruik of voldoen.
Sy bewering mag gegrond wees, maar die toepassing is nie so eenvoudig nie, en sekerlik vandaar ook elkeen se mening, gaan ek aangekla word of nie.



