Koop ‘n plakker vir hoededag
Die SAVF se jaarlikse hoededag vind weer op 22 Mei plaas.
Die SAVF, daag weer alle besighede, enige belangstellendes, en individue uit, om aan hierdie prettige projek deel te neem!
Hierdie projek, word plaaslik, deur die SAVF aangepak.
Dit is ‘n brood-nodige fondsinsamelingsprojek.
Die winste gaan aangewend word, om in die koue winters-maande, kos op baie tafels van gesinne in nood te sit.
Organisasies of besighede kan op die volgende maniere deel word van die projek:
Koop ‘n plakker vir die “WEAR TO CARE” hoededag teen die geringe bedrag van R10 per plakker. Die plakkers sal afgelewer word, of dis te kry by die SAVF-kantoor in Agathastraat.
‘n Personeellid wat ‘n plakker aankoop, kan op 22 Mei ‘n mooi of kreatiewe of indrukwekkende hoed dra (onthou daar is ‘n kompetisie vir die beste foto) of slegs hulle plakker op die lapel of voorkop dra…, ter ondersteuning van hierdie goeie saak.
‘n Besigheid kan ‘n donasie maak.
Personeel kan aangemoedig word om hierdie, die SAVF grootste fondsinsamelingsprojek van die jaar, met donasies te ondersteun.
Geld kan inbetaal word by: ABSA Tjekrekening 1260800104, Tzaneentak 334-349. SAVF-TZANEEN, verwysing: Wear to Care. Hulle kan ook die geld by u besigheid kom haal, indien u dit so verkies.
Skakel die kantoor van die SAVF met enige verdere navrae by 015 3072645.



