LettersLocal newsNewsOpinion

Gebrek aan vriendelike diens grief

Karel Venter van Tzaneen skryf:

Wat te erg is, is te erg!

Nee kyk ek het nou genoeg gehad van bekende supermark se onvriendelike personeel.

Dis tog die venster van ‘n besigheid.

Daar was al voorheen ‘n brief in die Letaba Herald gepubliseer deur ‘n leser wat sy misnoeë uitgespreek het en verlede week het die Duiwelskloof/Tzaneen snuffelgids se Facebook blad ook uit sy nate gebars met kommentaar oor die swak diens lewering.

Die winkel is skoon die groente en vrugte is vars, hulle wegneem etes is heerlik en tuisgebak is vars…maar as jy by die betaalpunte kom is dit ‘n ander storie.

Geen gegroet, want in baie gevalle is hulle tye besig om met iemand ander te gesels en word die klant maar net so terloops behandel en bedien.

Geen glimlag en in baie gevalle moet jy soms selfs jou pakkies pak.

Ek kry die gevoel hulle wil nie daar wees nie. Dit is asof dit vir hulle ‘n straf is om te werk.

Ek het vir die kassiere gesê ‘n glimlag kos niks…en toe wys sy tande..wat ‘n mooi glimlag…maar het gou weer verdwyn.

Ek maak ‘n beroep op die bestuur om ‘n bosberaad met die kassiere en pakkers te hou. Julle gaan klante verloor.

Kom aan julle, is julle leuse nie juis beter en beter nie? Leer julle personeel vriendelikheid beteken beter klantediens.

Ek vra maar net.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button