Local newsNews

Kommer oor SAL besluit

Die land gaan reeds gebuk onder swaar ekonomiese druk as gevolg van swak dienslewering, geweldadige stakings, xenofobiese aanvalle, plaasaanvalle, ens. Nou die besluit van SAL in April wat die vervoer van jagvrag verbied. Buitelandse valuta en toerisme is nog een van die groot inkomstes, nie net vir die land nie, maar ook vir ons plaaslike …

Die land gaan reeds gebuk onder swaar ekonomiese druk as gevolg van swak dienslewering, geweldadige stakings, xenofobiese aanvalle, plaasaanvalle, ens.

Nou die besluit van SAL in April wat die vervoer van jagvrag verbied.

Buitelandse valuta en toerisme is nog een van die groot inkomstes, nie net vir die land nie, maar ook vir ons plaaslike bedrywe.

Dit raak die ekonomie, werkskepping, die jagters- en gasvryheidsbedryf aansienlik en nie net rolspelers nie, maar Jan Publiek gaan nadelig beinvloed word.

Belastingbetalers gaan maar net weer eens moet opdok vir die tekorte.

Dit is soos Agri Limpopo op ons voorblad tereg sê nie ‘n volhoubare oplossing vir die vervoer en handel van bedreigde spesies nie.

Daar moet saam gewerk word om dit te bewerkstellig.

Goeie nuus is dat Tzaneen se drink- en afvalwater skoon is en blou- en groendruppel status verwerf het.

Dit is onlangs in dorpe in Limpopo waar AfrForum takke het, deur hulle getoets en verskeie van die dorpe se water het skoon getoets.

Een ligpunt in ‘n ‘donker’ situasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button