MTB weer gewild vanjaar
Miami Magoebaskloof MTB Challengehet Saterdag omtrent 'n hoogtepunt beleef.
Alhoewel hulle 100 minder fietsryers gehad het as verlede jaar weens meestal sportverpligtinge was die resies steeds ‘n baie groot sukses en sonder hulle borge sou hulle dit nie kon aanbied nie.
Die groen van Miami Canners pas beslis nie verniet by die groen van die klub nie.
Die groen Miami vlae het baie mooi vertoon.
Die podium, backdrop en pryse tafel en Mark van Miami met sy groen hemp het die perfekte venue afgerond. Van die beginpunt, waterpunte, regdeur al die roetes en terug tot by die einde. Dankie Miami Canners, Mark en Yolande Pieterse en julle span!’
Die volgende borge word bedank: Du Paint & Tool (Mega Paint – Rene van Aswegen), Myspar (Anthony & Susan Brett), Budget Couriers, ZZ2, Grabba Cycles (Brendon Stoltz), Roode Makelaars, Joubert & May, Pierre Cornjé (Bee Healthy), USN, Letaba Scacks, PA Sales, Simpson Motors Tzaneen, Tzaneen Cash & Carry, Grondeienaars (Vorsters, Merensky, Mev Moeng van die Tzaneendam Natuurreservaat, Westfalia en Komatiland Forrests, Cobus van Jaarsveld, Dick Rood, Pierre Cornjé, Ray Dando, Dewet Weber, Craig Mckenzie, Herman Strydom, Gerhard Botha, Jacques,
Agribox, Blue Flame Kids Entertainment, Dave Protter, ER24, Time Me, Flippie Coetzer, Spur Tzaneen, Merensky Snoepie, Neil Hanekom, Elke ryer wat deelgeneem het en laaste Grizel Gubitz, Loraine Scheepers, Louwrina Dando & Carine van der Merwe.
In die 70km het Mario Ferreira gewen, Hein Engelbrecht, 2de, Henry Hayes, 3de, Fanus Eksteen 4de, Benjamin Muller, 5de en Shirley Scriven het die vroue afdeling gewen, met Yolandi Bruwer was 2de.
In die 40km wedren was Ashley Murray eerste oor die lyn en Soretha Lubbe 2de, Jernay Mcleod, 3de.In die mans afdeling het Kombo Bere van Louis Trichardt vir die agter eenvolgende jaar gewen met Pierre Joubert 2de en Edwin Simpson 3de. In die 15km het Christelle Coetzer weer koning gekraai met Lara Dando 2de en Mariska de Jager 3de. In die mans afdeling het Armand Cronje gewen, JC Logtenberg 2de en Janco Coetzee, 3de. Gaan kyk gerus na al die fotos op hulle facebook blad-Miami Magoebaskloof MTB Challenge: https://www.facebook.com/events/1416241265335881/ Vir enige navrae oor Tzaneen Cycling Club, Skakel gerus Dorothy Roodt op: 083 265 0844 of: www.tzaneencycling.co.za




