LettersLocal newsNewsOpinion

Vriendelike Tzaneeners beindruk besoeker

Raadslid Gert Niemand van Johannesburg, skryf:

Ek en my seun was op 20 Mei vanaf Phalaborwa oppad na Ebenezerdam en moes deur Magoebaskloof ry.

Ongelukkig het my voertuig my nie toegelaat om die Kloof klaar te maak nie, want die koppelaar het die gees gegee.

Ek kon daarin slaag om by die Magoebaskloof Ruskamp te stop. Hier het ek gedink, nou is ek gestrand in ‘n vreemde dorp en hoe nou gemaak? Wat na ‘n baie moeilike situasie gelyk het, het toe onverwags in ‘n baie aangename ondervinding verander, bloot as gevolg van die optrede en die behulpsaamheid van die mense van Tzaneen.

My vrou, met behulp van die Internet kon bitter-gou ‘n plaaslike insleepdiens (Sonco) opspoor, wat my motorvoertuig na die dorp tot by die handelaar gesleep het.

Die bestuurder van die insleepdiens (Jackson) was vriendelik en het ‘n baie goeie sin vir humor gehad, oor Magoebaskloof en die hoeveelheid motors wat hy al van daar af moes insleep.

Die GM Handelaar (Simpson Motors) op Tzaneen was ook skitterend, deurdat Herklaas Viljoen my direk geskakel het terwyl ek nog in die Kloof was en teen die tyd wat my motor ingesleep was, was die onderdele reeds bestel. Ek was vriendelik ontvang en hulle het uit hul pad gegaan om my situasie so spoedig moontlik op te los.

Die vervoer na ons gastehuis asook na die eetplek is deur Simpson Motors (oom Boet) behartig. Hulle flink optrede, professionele diens en omgee was absoluut verfrissend. My motor was binne ‘n dag herstel teen ‘n billike prys.

Laastens wil ek ook net dankie sê vir die Christie’s Inn Gastehuis en hulle vriendelike personeel wat ons so vinnig ingeneem het. Wat ‘n absolute voortreflike en verfrissende gastehuis om in tuis te gaan.

Julle diens is werklik iets besonders en die ontbyt die volgende oggend was werklik waar van uitmuntende gehalte.

Julle kan beslis aanbeveel word.

Hartlike groete en nogmaals dankie .

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button