CrimeEditor's choiceNews

OPVOLG: Weggooibaba se ma vas

Die weggooi baba wat Saterdag naby die skougronde in 'n veld lewend gevind is se ma is inhegtenis geneem.

‘n Drie dae-oue baba is Saterdagmiddag lewend gevind waar sy in die veld gelos is.

Annelize Venter en haar man, Fanie het Saterdag by die gholf-dryfbaan by die skougronde uitgespan.

Volgens Annelize, het ‘n voetganger hulle genader en gesê dat daar ‘n lewende baba daarnaby in die veld lê.

‘Ons skat dat sy so drie dae oud is, sy het ‘n wit ‘babygrow’ aangehad en daar was ‘n sak klere by haar gelos,’ vertel Annelize.

Volgens Venter was die baba erg gedehidreer en daar was blare op en oor haar mond.

Die babadogtertjie is in die Van Velden-hospitaal opgeneem.

Volgens Annelize is die ma van die babadogtertjie opgespoor en in hegtenis geneem.

Met ons ter perse gaan was dit onseker wanneer sy in die hof sal verskyn.

‘Dit gaan baie goed met haar, eintlik gaan dit uitsekend,’ het Venter aan Letaba Herald Dinsdag gesê.

Sy bedank die gemeenskap wat babaklere en doeke geskenk het.

‘Baie dankie vir almal se gebede, bystand en donasies,’ het Venter gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button