Editor's choiceNews

Anita tragies oorlede

Anita Basson wat Donderdag vermis geraak het is Sondag onder tragiese omstandighede gevind.

Basson (57)  wat Donderdag verdwyn het, het soos ‘n veldbrand op Facebook versprei en die hele gemeenskap was gevra om te help soek na haar.

Inwoners van Tzaneen en die polisie was betrek by die soektog.

Haar motor is gestroop gevind Saterdag naby ‘n informele nedersetting.

Sondagoggend is haar ligaam by ‘n brug gevind en geen gemene spel word vermoed nie.

Anita was ‘n geliefde persoon in die gemeenskap en sy het ander mense se probleme haar eie gemaak. Sy het baie mense aangeraak in ons gemeenskap.

Volgens inligting sal daar nie ‘n begrafnis of gedenkdiens gehou word nie.

Dit was Basson se wens. Na verneem word sal sy  veras word, en haar as sal in Magoebaskloof gestrooi word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button