Editor's choiceEntertainmentLifestyleLocal newsNews

AHI kongres hier gehou

DIE JAARLIKSE Provinsiale Kongres van die Afrikaanse Handels Instituut (AHI) word op 28 en 29 Augustus deur die Tzaneense Sakekamer by Hotel@Tzaneen aangebied.

 

Vrydagaand, die 28ste, word ‘n verwelkomingsfunksie vir al die afgevaardigdes en gaste in die Panache saal by Crawdaddys aangebied.

Dit gaan ‘n unieke ervaring wees en tradisionele disse soos afval, mopaniewurms, hoenderpote, beeslippe en verskeie ander disse gaan op die spyskaart wees.

Vir die minder waaghalsiges sal daar egter ook gewone disse aangebied word.
Saterdagoggend begin die amptelike Limpopo Kongres met sprekers van AHI Hoofkantoor, die borge, Telesure, en verskeie ander sprekers.

Dit sluit onder andere in ‘n aanbieding oor die gebruik van multimedia (facebook, twitter, ens) in ‘n besigheid sowel as ‘n aanbieding deur die nuwe HUB van die AHI, Dr Ernest Messina.

Kort na 1-uur die middag word middagete aangebied waarna al die gaste vertrek.

Dit gaan ‘n besonder interessante kongres wees en alle plaaslike sakelui word genooi om dit by te woon.

Vir meer besonderhede kan Melaine geskakel word op 083 280 9723 of per epos op admin@tzaneenchamber.org.za.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button