CrimeEditor's choiceLocal newsNewsLifestyle

NUUSFLITS: Gewapende rooftogte eskaleer in omgewing

Nog 'n plaasaanval het vroeg vanoggend in Georges Valley plaasgevind.

Volgens Marius Jacobs van Northern Sekuriteit, het die aanval vanoggend om omstreeks 04:00 plaasgevind.

Drie gewapende rowers het by die huis ingebreek en die drie slagoffers oorrompel.

Die rowers het die man en sy vrou vasgebind. Die rowers het die egpaar se kind gedwing om hulle deur die huis te neem.

Die huis is glo geplunder en alle waardevolle items is glo in die familie se motor gelaai.

Die een slagoffer kon loskom en het hulp ontbied op die radio van Georges Valley plaaswag.

Die rowers het weer in die huis in gekom, die radio gevat en die kind glo gevra om hulle te wys hoe om die motor aan te skakel.

Daar is toe met die motor op die vlug geslaan.

Hulp van al die boere in die Georges Valley omgewing het ingestroom.

Die motor is gejaag in die rigting van Polokwane waar die SAPS op die motor begin skiet het.

Daar is beheer oor die motor verloor en dit is deur ‘n draad die bosse in. Die rowers het gevlug met ‘n paar items.

Genadiglik is nie een van die slagoffers beseer in die aanval nie.

Soos wat die berig nou geplaas word op LETABA HERALD se webtuiste is daar volgens Jacobs, ‘n gewapende roof in Ofcalaco en is die SAPS oppad na die toneel.

Meer inligting volg…

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button