Local newsNews

Wanneer kuns en biltong in Gravelotte meng

Biltong is een van Suid-Afrika se heel bekendste produkte.

Dit klink amper te meganies om na ons geliefde biltong as ‘n blote produk te verwys.

So besoek die Herald toe Gravelotte Slaghuis na vele verwysings om ons sout tand daar te gaan uittoets.

Daargekom word bestel en eers ‘n geselsie aangeknoop.Hantie Lusse, eienaar van die slaghuis, is ‘n vriendelike mense-mens, heel gemaklik om met ‘n vreemdeling ‘n geselsie aan te knoop.

En agter haar hang die biltonge dat die spoeg in mens se mond omtrént beginne vloei.

Buiten hul bekendheid vir hulle biltong, is haar seun Hansie ook besig om naam te maak vir homself in ‘n heel ander veld.

Hansie, of te wel Johannes Lusse (as jy sy werke op Facebook wil gaan besigtig) is ‘n ywerige en talentvolle kunstenaar.

Hierdie man se hande staan vir min terug.Meeste van die bouwerk in die drankwinkel langsaan was byvoorbeeld ook sy toedoen.

Nie lank nie of ‘n trotse Hantie is besig om haar seun se kunswerke uit te wys.

In ‘n aparte studio agter in die winkel is Hansie op sy gemaklikste.Werke in wording, sowel as voltooide stukke is oral sigbaar.

Wie is sy grootste kuns held? “Beslis Van Gogh. Sy werke tref my, veral die redes agter elke haal van die kwas.

Die hoe en die hoekom,” antwoord hy.En Ma, hoe voel sy oor haar seun se werk? “Hy het ongelooflike talent. Van sy werke hang in mense se huise oorsee. Daar is selfs ‘n paar hier plaaslik by Piet Warren.”

So vir ‘n liplek-lekker “produk” sowel as ‘n wonderlike kunservaring, besoek gerus Gravelotte se slaghuis wanneer jy weer daar verby ry.

En laai in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button