Editor's choiceLocal newsNews

Renosterhoring: verbod opgehef

Die verbod op die handel in renosterhoring is na vandag amptelik verby.

Die Hooggeregshof in Pretoria het vanoggend die regering se verbod op die handel in renosterhorings, wat sedert 2009 geld, ter syde gestel.

Regter Francis Legodi het in die guns van twee boere beslis.

John Hume van Malelane en Johan Kruger het saam aansoek gedoen om die verbod op te hef.

Volgens Regter Legodi is die presiese persentasie van stropings wat direk aan die verbod toegeskryf kan word onbekend, maar dit is wel duidelik dat die verbod se rol in die styging van stropings nie uitgesluit kan word nie.

Volgens heelwat rolspelers in die wild industrie, het die verbod onder andere veroorsaak dat die prys van onwettig gestroopde horings die hoogtes inskiet en dit dus vir stropers al hoe meer aanloklik gemaak het.

Hume, die grootste renoster boer ter wêreld is verlig oor die uitkoms van die saak.

Volgens hom kos dit ongeveer R5miljoen ‘n maand om sy trop renosters aan die lewe te hou en kan hy dit nie meer bekostig nie.

“As hierdie verbod nie opgehef is nie, sou ek ongeveer 1 200 renosters vankant moes laat maak,” het Hume gesê.

Of die staat, in lywe van die Minister van Water en Omgewingsake, appèl gaan aanteken is tans nog onbekend.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button