Editor's choiceEntertainmentLifestyleLocal newsNews

TZN se sakekamer raak bedrywig

DIE eerste maandvergadering van die Tzaneense Sakekamer vir 2016 vind Vrydag, 29 Januarie, by Hotel@Tzaneen oor middagete plaas.

Die fokus van die vergadering sal op Tzaneen se ekonomiese groei en elektrisiteit wees.

Die gassprekers is Benjamin Mathebula, Direkteur: Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling van die Tzaneense Munisipaliteit, en Roger Stones van Eskom wat gaan praat oor elektrisiteit en veral fokus op besparings, tariewe slim verbruik en “load shedding”.

Die borge vir die dag is Tzaneen Munisipaliteit en Eskom.

Dit gaan ‘n besonder interessante vergadering wees en almal, lede sowel as nie-lede, is baie welkom.

Die vergadering begin 12:00.

Die Algmene Jaarvergadering van die Sakekamer vind Vrydag, 19 Februarie, by Tzaneen Country Lodge plaas.

Die borge is Stanford Lake College.

Tydens die vergadering gaan ‘n nuwe bestuur verkies word en nominasies word tans ingewag.

Die jaarlikse prestige prysuitdelingsfunksie van die Tzaneense Sakekamer vind op 18 Maart tydens ‘n middagete by Hotel@Tzaneen plaas.

Nominasies vir die onderskeie toekennings, ingesluit die gesogte sakepersoon van die jaar, sal binnekort aangevra word.

Vir besprekings vir die ete of vir meer inligting oor die Sakekamer kan Melaine geskakel word op 083 2809723 of per epos na admin@tzaneenchamber.org.za.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button