Mischak Mmoyane wat al meer as 24 jaar as faktotum verbonde is aan Ben Vorster, sê dis die eerste keer in 29 jaar dat die boorgat naby die seunskoshuis opgedroog het.
Geen besproeiing kon gedoen word nie en dit het veroorsaak dat die sportvelde amper verdroog het.
Te danke aan Eugene Pohl, oud-leerling van Ben Vorster, nou verbonde aan Styldrift Drilling, is daar weer hoop. Pohl het op 5 Februarie, op sy eie onkoste ‘n nuwe boorgat van 60 m kom boor.
Afgesien van die feit dat dit ‘n baie duur en delikate proses is, het hy nie gehuiwer om die Vossies uit hul nood te help nie. Frans Kruger, wat vanaf Oktober 2015 die sportvelde in stand hou, juig en glo die velde is een van die dae weer lowergroen.



