Local newsNews

Paul besoek Tzaneen op sy 7000km staptog

Paul Steyn is dapper. 7000km deur Suid Afrika. Een sleepwaentjie van 130kg en man alleen met 'n prostese stap hy vir persone met gestremdheid.

Steyn is Maandag deur die motorfietsgroep, Roadhogs, Tzaneen in begelei met ‘n geraas by die Lifestyle sentrum.

Paul Steyn (29) het verlede jaar op 3 Augustus  sy bewusmakings veldtog in Kaapstad begin.

Sederdien deur kruis hy Suid-Afrika en Tzaneen was volgnde op sy padkaart afgemerk.

Steyn het sy regterbeen in ‘n ongeluk verloor op die ouderdom van 13 toe sy voet onder ‘n bossiekapper wat agter ‘n trekker getrek was beland het.

Hy vertel dat dit vir hom ‘n baie traumatiese ervaring was en sy been moes afgesit word. Hy het eers uitgevind hoe duur ‘n prostese is toe hy een moes kry. Volgens Steyn betaal sommige mediese fondse net ‘n gedeelte daarvan terwyl dit eintlik derduisende rande beloop.

Met sy staptog beoog hy om deur al 9 provinsies in Suid-Afrika te loop om vir ander gestremdes wat ook hulle bene verloor het en wat prostese kort geld in te samel.

Die Roadhogs is ‘n nie-winsgewende organisasie en alles wat hulle aanpak doen hulle vir liefdadigheid, en hulle het besluit om hom Steyn te ondersteun,  het die voorsitter van die Roadhogs, Jaco van Wyk aan Letaba Herald gesê by die Lifestyle sentrum waar die groep saam Steyn ontbyt by Wimpy geniet het.
Daar is geld ingesamel en ‘n bedrag van R1305 is aan Steyn oorhandig ten bate van die fonds. ‘n Heerlike komplimentere ontbyt is ook deur die Wimpy geborg aan Paul.
Van Wyk het van Steyn se staptog gehoor met sy besoek aan die ATKV Eiland oord waar hy die bekende tannie Poppie Coetzer van Kokkedoor-faam raakgeloop het.
Paul saam Tannie Poppie Coetzer van die bekende Kokkedoor faam by die Eiland.
Paul saam Tannie Poppie Coetzer van die bekende Kokkedoor faam by die Eiland.
Coetzer het die Herald se kantore geskakel en gevra of ons dalk iewers akkomodasie vir Steyn kan reël vir sy beplande drie dae kuier in Tzaneen.
En Tzaneen se harte is mos warm. The Junction, Tzaneen Country Lodge en Fairview lodge het hartlik ingestem, en kon hy lekker uitspan voor hy weer die lang pad aandurf. Hy het aan die Herald gesê dat Tzaneen ongelooflik gasvry is en almal bedank wat sy kuier hier aangenaam gemaak het.

 Paul het Dinsdag, by Laerskool Tzaneen ‘n motiveerings praatjie gelewer, en Woensdag sy staptog voortgesit in die rigting van Polokwane.
Hy beoog om in Oktober sy staptog in Kaapstad te voltooi.
Letaba Herald se wense vergesel hom.
Skakel hom gerus op: 079 912 7467, of op Facebook: paulsteyn foundation of besoek: paulsteynfoundation.org.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button