EntertainmentLifestyle

Wen eetgoed met kompetisie

Skoenmaker hou jou by jou lees, koerantleser hou jou by jou hoed. Moet nie vanjaar se SAVF hoededag op 20 Mei vergeet nie.

Wees kreatief, wees anders, dra jou plakker saam jou kollegas en wen groot.

Letaba Herald in samewerking met die SAFV hou vanjaar weer ‘n hoededag kompetisie vir besighede.

Al wat besighede te doen staan is om ‘n groepfoto van die span te epos na bertus@herald.co.za of minke@herald.co.za.

Die besigheid se foto wat uitstaan bo die res en waar daar so bietjie kreatief en uit die boks gedink het sal as die wenners uit die stryd tree en, ‘n lekker pret bederf wen met heerlike snuisterye.

Die kompetisie het verledejaar groot belangstelling gelok, en die kompetisie was straf.

So waarvoor wag julle, begin beplan en dra julle hoede op 20 Mei.

Besighede kan plakkers teen R10 elk koop en aan deelnemers uitdeel.

Die plakker gee aan elkeen “toestemming” om ‘n kreatiewe hoed te dra.

Besighede kan plakkers bestel en betaal en dit kan by kantore afgelewer word.

Die inisiatief kan sommer ook gebruik word vir ‘n heerlike brugbou sessie.

Vir meer inligting oor die dag en om julle plakkers te bestel, skakel die SAFV se kantore op: 015: 307 2645 of epos na: savftzn@telkomsa.net

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button