Editor's choiceLocal newsNews

HOEDSPRUIT: Tragiese skietongeluk eis jagter

'n Tragiese jagongeluk het Saterdagaand die lewe van een van 'n groep professionele jagters geëis toe Mossie Mostert (53) noodlottig gewond is

Die groep was, volgens Kol Ronel Otto, provinsiale woordvoerder van die SAPD, vroegaand op ‘n jagtog by Tintshaba op die Maseke wildsplaas, naby Mica, tussen Hoedspruit en Phalaborwa, toe die ongeluk gebeur het.

Die mans was in ‘n dubbelkajuit Toyota Hilux bakkie, twee voor en drie agterop.

Volgens Otto, het SJ Fourie, wat agterop die bakkie was, na bewering na ‘n bosvark gemik toe hy Mostert per ongeluk met ‘n .308 jaggeweer in die agterkop geskiet het.

Mostert was voor in die passasier sitplek. Die koeël het ook die bestuurder van die bakkie, Cristo Koen in die linkervoet getref.

Mostert wat van Hoedspruit afkomstig is, is op die toneel dood.

Fourie (42) wat op die Burgersfort Khumala Game Lodge bly, is na die voorval na die hospitaal geneem nadat hy op die toneel inmekaar gesak het, volgens Otto.

Hy is ‘n diabeteslyer en is volgens Otto, nou in ‘n stabiele toestand en ontvang behandeling.

Hy sal glo in die landdroshof in Phalaborwa verskyn sodra hy ontslaan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button